DigiByte is 'n vinnig groeiende oop bron blokketting wat in laat 2013 ontwikkel is en vroeg in 2014 vrygestel is vir gebruik. Nou na jaar se toekomsgerigte ontwikkeling, is DigiByte een van die veiligste, langste en mees gedesentraliseerde UTXO blokkettings wat bestaan.
Die mees innoverende gedeeltes van die DigiByte blokketting is die drie lae wat die network infrastruktuur, asook sekuriteit, en kommunikasie teen ongelooflike spoed verskaf.
Die boonste laag is soos ‘n “app store” met aanwending in die werklike wêreld. Dit maak dit moontlik om digitale bates te skep met die DigiAssets protocol bo-op die DigiByte blokketting. Gedesentraliseerde toepassings kan bo-op die DigiByte blokketting gebou word. Dit is ook moontllik om relatief maklik slim kontrakte wat staatmaak op die robuustheid en sekuriteit van die blokketting, te enkodeer.
Die middelste laag verskaf sekuriteit en administrasie. ‘n Digitale Byte van data, groter data eenhede, of ‘n eenheid wat waarde hou, kan nie vervals, gedupliseer of gekap (hacked) word nie. Die Openbare transaksie-grootboek is onveranderlik en dit is waar al die transaksies van DigiBytes vasgele word. Ten einde sekuriteit te verskaf, gebruik DigiByte 5 algoritmes as bewys van bewerking. Nuwe DigiBytes kan net geskep word deur mynaktiwiteite.
Die onderste laag verskaf die kommunikasie en operasionele prosedures. Alle nodes op die globale DigiByte network kommunikeer met mekaar. Duisende gebruikers het die DigiByte sagteware op hulle rekenaars. Enige bediener, rekenaar, tablet, or selfoon wat op die DigiByte network is, word ‘n node wat help om transaksies te herlei. Begin om op 'n optimale wyse by te dra tot die DigiByte blokketting.
Net soos hierdie webtuiste, is die DigiByte blokketting ‘n volkome oop bron en kan enige een dit sonder toestemming gebruik onder die MIT lisensie wat jou die reg gee om sagteware te installeer en te wysig. Deursigtigheid lei tot die onafhanklike verifikasie van die binêre bestandele en hul gepaardgaande bronkode.
DigiByte Protokol op GitHub.
DigiByte Core Ontwikkeling op GitHub.
Ontdek die belangrikste mylpale van die DigiByte blokketting.
DigiByte (DGB) is ‘n hoogs opskaalbare persoon-tot-persoon digitale geldeenheid met industrie toonaangewende transaksiespoed teen baie lae transaksiefooie. DigiByte is die beste metode om betalings te maak.
Om DigiByte te begin gebruik, is selfs makliker as om ‘n SMS teksboodskap te stuur. Jy kan DigiBytes stuur en ontvang met die toestelle wat jy reeds ken en gebruik. Al wat nodig is dat jy ‘n DigiByte gesteunde beursie installeer. Kliek skandeer, skandeer daarna ‘n QR kode en stuur jou DigiBytes. Siedaar! So maklik soos 1..2..3.
DigiByte is nooit deur ICO of ‘ n betekenisvolle aantal munstukke wat vooraf gemyn is, gefinansier nie (0% oorblywend). Daar is geen Uitvoerende Beampte of ‘n maatskappy wat die DigiByte Blokketting beheer nie. Die stigter, ontwikkellaars asook die gemeenskap is almal onbetaalde vrywilligers en dit skakel enige risiko van insolvensie uit.
DigiByte transaksies word bevestig op die blokketting binne ongeveer 15 sekondes, wat dit 40 keer vinniger as Bitcoin en 10 keer vinniger as Litecoin, maak. SegWit maak tot 1066 transaksies per sekonde op die blokketting moontlik. Die uiters lae transaksiefooie maak DigiByte ideaal geskik vir dag-tot-dag betalings.
DigiByte is gebou op die onbreekbare tegnologie van die Bitcoin blokketting en het ook verskeie gevorderde opgraderings ingebring om dit nog meer robuust te maak byvoorbeeld DigiShield, die MultiAlgo mynalgoritmes asook die Odocrypt algoritme. Verder help die Dandelion++ protokol om jou veilig te hou deur jou IP adres en fisiese ligging te versteek. Vir meer informasie.
DigiByte is ‘n 100% Bewys-van-Bewerking (PoW) blokketting wat gemyn kan word met vyf algoritmes genoem Sha256, Scrypt, Skein, Qubit en Odocrypt. Die MultiAlgo mynproses dra by tot die desentralisasie, sekuriteit van die network en gee aan jou die vryheid om verskillende hardeware te gebruik soos byvoorbeeld ‘n ASIC, ‘n FPGA of ‘n GPU myner. Vir meer informasie.
In teenstelling met 21 miljoen Bitcoin, is daar 21 biljoen DigiByte eenhede ( 1000:1 verhouding tot BTC) en hierdie doelbewuste ontwerp is daar om DigiByte gereed te kry vir aanvaarding deur die massas. Die DigiByte blokvergoeding verminder elke maand met 1% vergeleke met Bitcoin se halvering elke 4 jaar. Teen die jaar 2035 sal al die 21 biljoen DigiByte gemyn wees en daarna sal die myners slegs staatmaak op transaksiefooie. Vir meer informasie.
Alle wisselwerking tussen partye en dienste wat DigiByte ondersteun, kan gevind word op die DigiByte Wiki.
Uitruil Vrywaring
Die uitruilings wat hier of op CoinMarketCap bekendgestel is, is slegs vir inligtingsdoeleindes en is nie verbonde aan die DigiByte-gemeenskap nie. Enige uitruiling kan DigiByte lys sonder toestemming. Voer altyd u eie navorsing uit voordat u dit gebruik, en stoor u DGB dan op 'n persoonlike beursie.
DigiAssets is ‘n veilige, opskaalbare laag bo-op die DigiByte blokketting wat gedesentraliseerde uitreiking van bates, tekens, slim kontrakte, digitale identiteit en veel meer, toelaat.
DigiAssets kan gebruik word om op ‘n veilige wyse enigiets te skep wat ons in die fisiese omgewing teenkom bv. van tasbare en onroerende bates soos voertuie, eiendom tot skaars digitale kuns. Getekende dokumente soos titelaktes en mediese rekeninge kan beskerm word.
DigiAssets as ‘n eko-sisteem en platform het reeds partye gelok wat reeds beplan om of reeds platforms bou vir eiendom, finansies, oorbetalings, identiteit, verkooppunt, handel, gesondheid, wedrenne, voorsieningsketting, regering en meer.
DigiAssets gebruik die unieke eienskappe van ‘n ware gedesentraliseerde blokketting wat slegs gevind word in die veroorloofde blokkettings soos DigiByte. Dit maak DigiAssets meer veilig, opskaalbaar en gedesentraliseerd as enige ander platform in die kriptomark.
Ontdek die oopbron DigiAssets protocol spesifikasies vir uitreiking en uitvoering van digitale bates bo-op die DigiByte Blokketting. DigiAssets Protokol op die GitHub.
Nie ‘n ontwikkelaar nie? Dit is beslis nie ‘n probleem nie! Enigeen kan maklik ‘n DigiAsset uitreik deur een van die hulpmiddels te gebruik wat beskikbaar is sonder die tegniese kennis van die protocol. DigiAssets gesteunde dienste.
Wonder jy hoe jy DigiAssets kan gebruik? Besoek DigiAssets-ondersteunde dienste om DigiAssets te koop, verkoop, en ruil.
Benodig jy meer bystand met DigiAssets? Sluit gerus aan by die DigiByte Ontwikkelaars groep op Telegram en rig jou vrae aan hulle of ruil idees uit. DigiByte Ontwikkelaars op Telegram.
Discover DigiAssets supported services to experience DigiAssets.
Digi-ID is ‘n sekuriteitsprotokol wat bo-op die DigiByte blokketting tegnologie gebou is en dit stel gebruikers instaat om moeiteloos in te teken op webtuistes, applikasies (Apps), en selfs die opkomende Internet of Things.
Digi-ID skakel die gebruikernaam, wagwoord en 2FA vereistes uit tydens die verifikasieproses. Omdat Digi-ID openbare / private kriptografie gebruik, is daar geen gebruikername of wagwoorde op risiko nie. Hierdie metode beskerm nie alleen die gebruiker nie, maar beskerm ook die dienste wat deur die gebruiker benut word.
Digi-ID stoor geen data van die gebruikers op die blokketting nie. Dit verder versterk die sekuriteit terwyl dit ook die eindgebruiker se vertroue versterk dat sy data nie nagespoor of op risiko geplaas is deur die nalatigheid van ander nie. Daar is ook geen eksterne punt van mislukking vir ‘n kuberkraker om jou platform te teiken en uit te buit nie.
Digi-ID is volkome gratis! Daar is geen fooie, subskripsie dienste, of onderhoudkoste nie. Die kostefaktor is egter nie die beste eienskap nie. Die hoofdoel is om, in ooreenstemming met die wyse waarop DigiByte sekuriteit prioritiseer, met Digi-ID ‘n meer veilige, dog eenvoudige metode te skep om aan te teken op webtuisblaaie, toepasings (Apps) en meer.
Die webtuiste, toepassing of produk genereer ‘n unieke Digi-ID QR kode en vertoon dit.
Die gebruiker skandeer die QR-kode vanaf enige Digi-ID-ondersteunde program.
Die gebruiker verifier die versoek deur sy PIN of deur sy vingerafdruk/ gesig te skandeer.
Digi-ID stuur die kriptografies getekende versoek terug en die gebruiker teken suksesvol aan.
Die beste beginpunt is Digi-ID.io. Indien jy meer wil weet oor die fyner besonderhede en voordele van Digi-ID, is jy welkom om die gebruikergids, verskaffergids asook die Integrasie gids na te gaan. Indien jy na ‘n bron vir die media soek, kry gerus die Inligtingsblad en Logo's.
Aangesien Digi-ID ‘, oop bron is, is daar verskeie programmateke op GitHub soos bv. DigiByte Core Development , Matthew Cornelisse en WHMCSSnow. Indien jy meer bystand verlang, sluit gerus aan by DigiByte Developers groep op Telegram.
Indien jy nie ‘n ontwikkelaar is nie, mag jy dit dalk oorweeg om ‘n oplossing wat integrasiegereed is te gebruik vir jou webtuiste of produk. digiassetX bied 'n nodejs-inprop vir maklike integrasie. Jy kan ook die WordPress plugin vir WordPress platforms gebruik.
Beslis! Digi-ID is ‘n snelgroeiende platform. Verskeie verifikasie toepassings wat alleen staan asook beursies wat Digi-ID ondersteun, kan gevind word onder die Aflaai afdeling.
Ontdek sommige Digi-ID ondersteunde dienste om soomlose verifikasie te ervaar.
Daar is tien duisende vrywillgers oor die heelal wat almal, vir etlike jare, in vele opsigte, bydra om DigiByte te maak wat dit vandag is. Dit is werklik 'n voetsoolvlak beweging. Ons verwelkom jou hartlik om by ons aan te sluit!
Die DigiByte Alliansie is 'n openbare nie-winsgewende stigting onder afdeling 501(c)(3) met openbare liefdadigheidstatus in die VSA. Hulle mik daarop om DigiByte te versterk as 'n betroubare en gedesentraliseerde blokkettingnetwerk om waarde betroubaar en doeltreffend te beskerm, beveilig, uit te druk, te skep en oor te dra.
Leer meer - Kontak.
DGBAT Is ‘n gemeenskap-gedrewe uitreikingsinitiatief. DGBAT word deur ‘n span gelei, wie se lede op hul eie beurt weer spanne bestuur in die areas soos sosiale media, onderrig, outeurs, uitreikingspesialiste en ontwikkelaars. Hulle doelwit is om DigiByte te bevorder deur onderrig, uitreiking, en bemarkingsveldtogte.
Meer Informasie - Kontak.
Elkeen wat op DigiByte werk is ‘n onbetaalde vrywilliger. Begin vandag om by te dra to DGB se ontwikkeling of bou jou eie toepassing bo-op die DigiByte blokketting.
DigiByte-ontwikkelaars op Gitter.
DigiByte Core Protocol op GitHub.
Telegram is die mees populêre en maklikste manier om kontak te maak met die globale DigiByte gemeenskap. Sluit hieronder asseblief aan by die groepe wat jou intereseer of sien die volledige lys van al die DigiByte groepe.
Alarms Besprekings Ondersteuning Ontwikkelaars Myners Bemarking Spekulasie Vertalings
Die DigiByte Wiki is ‘n aanlyn ensiklopedie wat deur die gemeenskap, vir die gemeenskap gebou is. Dit bevat nuttige en jongste data soos die DigiByte Eko-sisteem en Hoe om te doen-gidse. Enigeen kan positief bydra tot die Wiki deur ‘n gratis gebruiker te skep en te begin om inligting by te voeg of op datum te bring op die DigiByte Wiki.
Waarskuwing Vermy skaamtelose bevordering van jouself en verwysingskakels.
Jared Tate is beide die stigter en skepper van die DigiByte blokketting. Jared was voltyds betrokke by die ontwikkeling van DigiByte sedert Oktober 2013. Hy was genooi deur MIT, Harvard en die US Capitol as spreker oor blokketting tegnologie. Hy is ook die skrywer van die boek Blockchain 2035 The Digital DNA of Internet 3.0, ‘n boek wat ook ‘n eerste is vir enige blokketting stigter.
Sosiale Media Vrywaring
Die persoonlike opinie, opvattings en sienings van Jared Tate, DigiByte Core Team, die DigiByte Stigting & DigiByte Bewusmakingspan, weerspieël nie noodwendig die persoonlike opinie, opvattings en sienings van die gemeenskap nie.
SKies 'n toepassing om jou DigiByte & DigiAssets te stuur, ontvang en te stoor of om verifikasie te doen met Digi-ID.
Op Datum DigiByte Core v7.17.3
DigiByte Core bevat 'n volledige kopie van die blokketting en bou die ruggraat van die netwerk. Dit word algemeen gebruik deur ontwikkelaars, ruilings, en ander besighede, sowel as deur gemeenskapslede, om die netwerk te desentraliseer deur 'n volle nodus te bedryf. Dit dien ook as 'n sagteware beursie.
DigiByte Core
Beskikbaar vir Windows, macOS, Linux & Snapcraft (64 Bit)
Beursie Vrywaring
DigiByte Core as 'n beursie moet slegs gebruik word deur gevorderde gebruikers wat weet hoe om hul beursie veilig te hou.
As jy nie 'n ervare gebruiker is nie, wil jy dalk 'n vereenvoudigde sagteware beursie gebruik.
Op soek na meer dokumentasie? Of u basiese inligting vir 'n artikel of tegniese inligting benodig vir 'n integrasieproses. U kan al die nodige gidse hieronder bereik.
Beursie Vrywaring
Al die Derde Party Beursies wat hier bekend gestel word, word gestoor deur hulle eie netwerk bedieners of toepassings. Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir moontlike probleme wat jy mag kry met enige Derde Party beursie nie. In sodanige geval moet jy die betrokke beursie se ondersteuning kontak.
Sosiale Media.
Volg DigiByte oor al die belangrikste sosiale media platforms om op datum te bly met die jongste DigiByte nuus en deel die nuus met jou vriende om ons te help soda tons stemme oor die hele wêreld gehoor kan word.